stadstroue
Stadstroues met moderne uitrustings en fotosessies in die middestad is deesdae die in ding. Lubellos® se gestileerde fotosessie vier nie net mode nie, maar ook die transformasie wat Pretoria as stad ondergaan het.

BEDERF JOUSELF OF ‘N GELIEFDE HIERDIE KERSFEES MET ‘N GESKENK VAN TROUKOORS!
BESTEL DIE TROUBOEK EN TROUKOORS TYDSKRIF AANLYN EN SPAAR +-R55!

troukoors_tydskrif_en_die_trouboek

Die Trouboek help jou om week-vir-week jou troue self te beplan en sluit ‘n begroting, tydlyn, lysie van foto’s wat geneem moet word, plek vir diensverskaffers se kontakbesonderhede ens in. Gretha Wiid se huweliksvoorbereiding help jou en jou verloofde om emosioneel gereed te wees vir die groot stap! Troukoors se gewilde tydskrif is propvol idees en inspirasie en help jou om al jou Pinterest-idees lewe te gee, help jou om geld te spaar en wys jou wie die betroubare (en bekostigbare) diensverskaffers is! Pakkies word met geregistreerde pos gestuur om te verseker dat dit definitief ontvang word.
Kliek hier vir meer info en opsies: https://www.troukoors.co.za/koop-die-tydskrif/

Betaal R160 (slegs tot 15 November, daarna geld normale pryse weer) in ons bankrekening in:
MonCheri Events and Productions CC
Rek: 189 103 463 4 (Tjek)
Tak: 189 137
Nedbank Vaal Mall
Verwysing: Jou naam, van en selfoonnommer
E-pos: Jou naam, van, selfoonnommer, posbus adres en poskode na info@bpwpprebuild.co.za


stadstroue_1

Uit die oog, uit die hart – maar soms is dit wat uit die oog is, juis die plek waar jy jou hart kan vind. Gedrewe deur ’n voortdurende stedelike vernuwingsprojek van City Property, is ’n nuwe gesig vir Pretoria besig om gevorm te word. Ou geboue word nuut gemaak, kreatiewe geeste kry die geleentheid om uit hulle boksies te klim en bekende dinge met ’n nuwe aanslag anders te doen. Deesdae trou ons anders, ons werk anders, ons gedra onsself uniek en reëls as dit by troues kom word herontwerp. Daarom is stadstroues deesdae baie gewild en dit was ook die inspirasie agter hierdie fotosessie.

Bank Towers, een van die befaamde 012Central onthaallokale in die hartjie van Pretoria, is juis een van die geboue waar argitekte en ontwikkelaars met visie gedink het oor die beskikbare spasie en die nuwe vars uitkyk wat dit kan bied op funksies – van korporatiewe of informele samekomste tot formele heilige oomblikke waar ewige liefde aan mekaar belowe en moderne stadstroues opgetower word. Binne die stilte en kalmte van die 360°-uitsig van sonsopkoms tot sonsondergang, gevolg deur die bekoring van lig en sterre– vind ons ver onder om die draaie, die klanke van ons kosmopolitaanse stad waar ons stadig maar seker besig is om met meer insig ons kulturele verskille lief te kry. Jazz, Jakaranda bome, tradisionele eetgoed en geheime kuierplekke vul vandag die stad waarvoor ons almal so lief is. Terwyl jy daar beweeg, is daar opeens ’n gevoel wat verlangs bekend is – veiligheid en ’n verwelkoming en waardering van die skoonheid wat vasgevang word in ’n Lubellos®-uitrusting. ’n Vrou oppad werk toe gaan koop ’n broodjie en voer die duiwe – wat die kunswerke wat Susan du Toit se fotos word, lewe gee. Toeskouers klap hande en stop ons model Anronet Roelofsz, om haar natuurlike skoonheid te bewonder.

stadstroue_2

Die geheim is op die lappe – ons stad is nuut en vars en propvol nuwe kreatiewe geheime plekkies en ons is dankbaar vir sakeondernemings met insig wat vir ons die stad van ons harte meer as net die Jakarandastad maak. Hier is ’n nuwe plek waar ons herinneringe wil maak en sommer baie stadstroues wil hou.

Besoek Lubellos se webblad vir die mooiste trourokke wat jy in ’n lang tyd gesien het en volg hulle ook op Facebook.

DIENSVERSKAFFERS
Venue: 012Central, Bank Towers
Fotograaf: Susan du Toit
Video: Saltlight Studios
Trourok: Lubellos®
Model: Anronet Roelofsz

Artikel: Lizette van Lubellos 

 

DEEL HIERDIE INHOUD OP SOSIALE MEDIA