’n Troue in die berge, was die perfekte liefdesfees vir dié paartjie wat op ’n toe-oë-afspraak ontmoet het. Gina van Staden vertel meer oor hulle spesiale dag.

SPESIALE AANBOD VIR TROUKOORS LESERS
Het jy al Troukoors se Spesiale Uitgawe (propvol doen-dit-self idees, inspirerende foto’s en raad) en Die Trouboek (wat jou help om die perfekte troue week-vir-week te beplan én seker maak dat julle gereed is vir die groot stap, met Gretha Wiid se weeklikse huweliksvoorbereiding)?
Kliek hier vir meer info.

Die Trouboek @ R90 + Troukoors Tydskrif @ R50 + posgeld = R170
(saam met posgeld steeds goedkoper as by die winkels).

STAP 1
Betaal die bedrag in ons bankrekening in:
Naam van rekeninghouer: MonCheri Events and Productions CC
Rekeningnommer: 189 103 463 4
Takkode: 189 137
Bank: Nedbank Vaal Mall
Tipe rekening: Tjek
Verwysing: Jou naam, van en selfoonnommer
Bedrag:
OPSIE 1: R170 vir Die Trouboek & Troukoors Tydskrif (posgeld ingesluit) of
OPSIE 2: R120 vir Die Trouboek (posgeld ingesluit) of
OPSIE 3: R80.00 vir Troukoors Tydskrif (posgeld ingesluit)

STAP 2
E-pos die volgende aan bestel@bpwpprebuild.co.za:

  1. Bewys van betaling
  2. Waarvoor jy betaal het: Trouboek / Tydskrif / Beide
  3. Jou naam en van
  4. Jou selfoonnommer
  5. Jou posbus adres
  6. Jou poskode

————————————————————————————————————————————————————

Graham and Liana van Blerk is deur hulle ouers aan mekaar voorgestel. Nie een van hulle wou regtig op die beplande koffie-afspraak gaan nie, maar jare later is hulle maar net te bly hulle het! Liana vertel ons meer van hulle mooi troue.

WAT LAAT JULLE AANGETROKKE VOEL TOT MEKAAR?
“Ons het redelik eenders en met dieselfde waardesisteme groot geword. Dit maak dat ons vir ure lank en oor enigiets kan praat. Al is ons altwee redelik gereserveerd, is daar ʼn sterk band tussen ons.”

HOE HET JULLE GEWEET DAT ʼN TROUE DEEL VAN JULLE TOEKOMS SOU WEES?
“Dit was net asof ons mekaar nog altyd geken het. Die feit dat ons so gemaklik met mekaar se familie en vriende was, het ons oortuig dat hierdie ʼn verhouding is wat bedoel is om vir ewig te hou.”

HOE HET HY DIE JA-WOORD GEVRA?
“Graham het my een Saterdagoggend gevra om hom te help met ontbyt. Toe ek by die kombuis instap, het hy op sy knieë afgegaan en my net daar gevra om te trou. Ons het ʼn bietjie meer as ʼn jaar aan ons troue beplan.”


WAS DIE BEPLANNING VAN DIE TROUE UITDAGEND?
“Baie. Ek het nog nooit eers ʼn verjaarsdagpartytjie self gereël nie, so dit was groot vir my. Darem het webblaaie soos Troukoors en Pinterest my gehelp met idees. Op dié manier het ek sommige van my diensverskaffers vir die troue gevind. Ons het ook na die mense naaste aan ons se menings geluister. Hulle het ʼn paar goeie idees gehad.”

HET JY RAAD VIR BRUIDE WAT HULLE EIE TROUE BEPLAN?
“Vra vir en aanvaar hulp van ander. Ek het aanvanklik eers alles self probeer doen, maar my stresvlakke het drasties gedaal toe ek take begin delegeer het.”

ONS HET GEHOU VAN:
* Die paar minute wat die paartjie alleen voor die seremonie saam spandeer het (Graham was geblinddoek).
* Die oulike dankiesê-pakkies wat so sorgvuldig aanmekaar gesit is vir die troue. Dit het onder meer koffie, bekers, koekies en beskuit bevat.
* Die soet-, sjerrie- en warmsjokoladetafel by die troue wat die gaste kon geniet tydens die fotosessie.
* Die feit dat hulle familie en vriende so aktief betrokke was met die troureëlings.

Liana sê dat die troue heeltemal te vinnig verby gegaan het, maar dat hulle soveel genot daaruit geput het om die vrugte van hulle maandelange handewerk te pluk.

DIENSVERSKAFFERS
Venue, spyseniering en drankies: The Cathedral Peak Hotel
Koördinering: Bruidspaar self
Bloemis, dekor en verhurings: Drakensberg Décor and Draping
Skryfbehoeftes: Blooming Wonderful
Troukoek: The Valley Bakery
Fotograaf: Tanya Strauss Photography
Musiek: Executive DJ’s
Trourok: Lady Marmelaide
Hare: Ronel van Silver Scissors Hair Studio
Grimering: Jessica
Bruidegom se pak: Maverik Style Wear
Ander…
Bruidsgevolg se geskenke: Help ʼn Bruidjie
Glase: Louis en Lynn
Plakkers en banier: Pros on Print
Dankiesê-koffiepakkies: Beaver Creek Coffee

DEEL HIERDIE INHOUD OP SOSIALE MEDIA