troue
’n Troue in die woud, soos Sneeuwitjie van ouds, is elke bruid se droom. Lees verder om te sien hoe Dwayne en Chloe se mooiste dag gelyk het.

BEDERF JOUSELF OF ‘N GELIEFDE HIERDIE KERSFEES MET ‘N GESKENK VAN TROUKOORS!
BESTEL DIE TROUBOEK EN TROUKOORS TYDSKRIF AANLYN EN SPAAR +-R55!

troukoors_tydskrif_en_die_trouboek

Die Trouboek help jou om week-vir-week jou troue self te beplan en sluit ‘n begroting, tydlyn, lysie van foto’s wat geneem moet word, plek vir diensverskaffers se kontakbesonderhede ens in. Gretha Wiid se huweliksvoorbereiding help jou en jou verloofde om emosioneel gereed te wees vir die groot stap! Troukoors se gewilde tydskrif is propvol idees en inspirasie en help jou om al jou Pinterest-idees lewe te gee, help jou om geld te spaar en wys jou wie die betroubare (en bekostigbare) diensverskaffers is! Pakkies word met geregistreerde pos gestuur om te verseker dat dit definitief ontvang word.
Kliek hier vir meer info en opsies: https://www.troukoors.co.za/koop-die-tydskrif/

Betaal R160 (slegs tot 15 November, daarna geld normale pryse weer) in ons bankrekening in:
MonCheri Events and Productions CC
Rek: 189 103 463 4 (Tjek)
Tak: 189 137
Nedbank Vaal Mall
Verwysing: Jou naam, van en selfoonnommer
E-pos: Jou naam, van, selfoonnommer, posbus adres en poskode na info@bpwpprebuild.co.za

____________________________________________________________________

troue_1

Dwayne en Chloe Obermeyer se liefdesverhaal kan uitgebeeld word as legkaartstukkies wat van die begin af net moeiteloos inmekaar gepas het. Chloe vertel ons meer van hoe hulle troue met ʼn woud-gevoel soos ʼn sprokiesdag verloop het.

HOE HET JULLE ONTMOET?
“Ons was jarelange vriende wat net een aand besef het dat ons meer vir mekaar voel. Na ons eerste soen het ons troue twee en ʼn half jaar later paasgevind het.”

WATTER KARAKTEREIENSKAPPE HET JULLE NA MEKAAR AANGETREK?
“Ons het dieselfde visie van wat ʼn gelukkige lewe met ʼn sielsgenoot behels. Ons verhouding is ongekompliseerd, met tonne humor en liefde.”

HOE HET HY DIE JA-WOORD GEVRA?
“Hy het my tydens ʼn besoek aan ʼn wildsplaas saam met vriende gevra oor ʼn skemerkelkie op die Olifantsrivier. Dit was ʼn groot verrassing vir my en ek het geen idee gehad dat hy my sou vra nie. Ons het vir ʼn jaar aan ons troue beplan.”

troue_2

WATTER TIPE ATMOSFEER WOU JULLE VIR JULLE TROUE SKEP EN HOEKOM?
“Mistieke fantasie in die woud. Ek was nog altyd mal oor die energie en die gevoel van die woud en dit is die een plek wat altyd ʼn kalmte oor my bring.”

WAT WAS DIE KLEURSKEMA VAN JULLE TROUE?
“Groen en pers. Ons het baie varings en groenigheid gebruik as versiering. Omdat ek ook mal is oor pers het ons dit saam met die groen gekombineer.”

BESKRYF JULLE TROUE IN DRIE WOORDE?
“Kalm, warm, gelukkig.”

HET JY RAAD VIR TOEKOMSTIGE BRUIDE?
“Ek is seker daarvan dat elke troue sy eie komplikasies het, maar jy hanteer dit soos dit kom en maak dan ʼn plan om dit uit te sorteer.”

ONS HET GEHOU VAN:
* Die feit dat die bruid haar venue gekies het om by die tema en gevoel te pas.
* Die natuurtema, wat vreeslik gewild is op die oomblik.

RAAD VIR ’N TROUES MET ʼN WOUDGEVOEL:
* Hou die kleurskema minimaal.
* Laat jou dekor saamwerk met die omgewing en nie uitspattig wees nie.
* Gebruik baie takkies en blaarkranse as dekor.
* Sluit baie hout-elemente in (uitnodigings, middelstukke op tafels ensovoorts).
* Niks sê ‘betowerende woud’ soos feëtjieliggies wat aan stringe hang tussen bome nie.

Skep ʼn woud-atmosfeer vir jou eie troue en vier die simplistiese eenvoud wat net die natuur kan bied. Neem notas uit Chloe se boekie en gee jou troue die tipe atmosfeer wat by jou pas, eerder as om met die gewilde keuses te gaan.

troue_3

DIENSVERSKAFFERS:
Plek: Kavinga
Spyseniering: Zest Restaurant
Bloemis en dekor: Bianca Christie van Vanilla Pod Design
Skryfbehoeftes: 4keepsakes, bruid self
Troukoek: Vriendin
Fotograaf: L’Afrique Photography
Videograaf: John Tilly
Musiek: Jaydon D
Trourok: Verhuur deur Studio Brides Nelspruit
Grimering:  Kelley Wampach, 072 493 2835

Artikel: Gina van Staden

 

DEEL HIERDIE INHOUD OP SOSIALE MEDIA