troue
’n Troue in sagte pastelkleure was presies wat Anri wou hê om ’n salige, toweragtige atmosfeer te skep op die dag wat sy Heinrich se vrou geword het.

troue_1

Wat veronderstel was om ʼn girls-aand te wees, het uitgedraai in ʼn mooi liefdesverhaal met ʼn troue aan die einde. Heinrich en Anri Pawson vertel ons van hulle groot dag.

HOE HET JULLE ONTMOET?
Heinrich: “Op ʼn koue wintersaand het Anri my voete onder my uitgeslaan. Van daardie dag af het ek besef dat sy een uit ʼn miljoen is en dat ek graag ʼn lang pad saam met haar wou stap.”

HOE HET HY JOU GEVRA OM TE TROU?
Anri: “Hy het my verras met ʼn sonsondergangpiekniek by Waterlake Farm Estate, net buitekant Pretoria. Sonder dat ek enige iets verwag het, het hy gesorg dat my hare en naels mooi gedoen was vir die groot geleentheid.”

VERTEL ONS MEER OOR DIE BEPLANNING VAN JULLE TROUE?
“Aangesien hulle so ver vooruit bespreek word, was dit vir ons belangrik om die venue, fotograaf en videograaf heel eerste te bespreek. Die venue speel ook ʼn groot rol in hoe die dekor moet lyk, so die sagte kleure wat ons gekies het, was perfek. Zakopane Country Village het ʼn plaasgevoel en aangesien ek (Anri) op ’n plaas grootgeword het en Heinrich ook baie van die plaaslewe hou, het ons dadelik geweet dat ons troue daar moes wees”.

troue_2

WAT WAS DIE KLEURSKEMA EN ATMOSFEER VAN JULLE TROUE?
“Ons kleurskema was natuurlike kleure, sagte pienk en sage groen en het perfek by die donkerhout van die venue gepas. Ons tema het ’n plaasgevoel met ’n warm, intieme atmosfeer geskep. Omdat dit ’n winterstroue was, wou ons gehad dat die mense lekker moes kuier.”

WATTER RAAD HET JY VIR TOEKOMSTIGE BRUIDE?
“ʼn Mens kan baie goed vir jou troue self doen – wat geld bespaar en dit net soveel meer spesiaal maak. Dit is ook belangrik dat die bruid en bruidegom ewe betrokke moet wees. Doen alles soos julle dit graag wil hê en moenie kompromeer om ander mense te beïndruk nie.”

WAT HET JULLE SELF GEMAAK OM GELD TE BESPAAR?
“Ons het die elektroniese ‘Spaar-die-Datum’-kaartjies, uitnodigings (ons het ons eie webblad gemaak), kerkprogramme, konfetti (hartjies gepons in horingkies), borsspelde, spyskaarte, naamkaartjies, geskenkies, troukoek (rice krispie koek), advies kaartjies, vlaggies en tafel runners vir ons troue gemaak.”

Troues met ʼn plaas gevoel raak àl gewilder en om ʼn paar van die trou-elemente self te doen kan baie kostes bespaar – wat julle eerder op ʼn opwindende wittebrood kan spandeer!

troue_3

DIENSVERSKAFFERS
Venue, koördinering, spyseniering en drankies: Zakopane Country Village
Bloemis: Magda Snyman, 082 375 6482
Dekor en skryfbehoeftes: Self
Verhurings: Hand Creations – Lanterns, Candle-lite
Troukoek: Bruidegom en bruid se ma
Fotograaf: Susan du Toit Photography
Videograaf: Pink Flower Productions
Musiek: Lourens Coetzee, 083 384 8489
Trourok: Barbara Steyn, 082 375 4747
Hare en grimering: Melissa Minne Bridal
Bruidegom se pak: David Jones – Woolworths

Artikel: Gina van Staden

Troukoors_tydskrif_en_Die_Trouboek

Daar is slegs 50 eksemplare van DIE TROUBOEK by ons kantoor oor om aanlyn te bestel! Spaar boonop R44.90 as jy Die Trouboek & Troukoors tydskrif nou bestel! Betroubare posdiens word gebruik – 100% van ons pakkies bereik hul eindbbestemmings.
STAP 1 – Betaal R170 in ons bankrekening in:
Naam van rekeninghouer: MonCheri Events and Productions CC | Rekeningnommer: 189 103 463 4 | Takkode: 189 137
Bank: Nedbank Vaal Mall | Tipe rekening: Tjek | Verwysing: Jou naam, van en selfoonnommer
STAP 2 – E-pos jou naam, van en posadres saam met die betalingsbewys na info@bpwpprebuild.co.za
Kliek hier vir meer informasie oor Die Trouboek en Troukoors se tydskrif.

————————————————————————————

 

DEEL HIERDIE INHOUD OP SOSIALE MEDIA