troue
’n Troue is ’n geleentheid wat net een keer oor jou pad kom, daarom wou W.M. en Zenelle die beste maak van hierdie spesiale dag en het hulle alles ingesit om die dekor vars, oorspronklik en natuurlik te hou.

troue_1

W.M. en Zenelle Brits se kreatiewe troue was kraakvars en oorspronklik. Ons verklap dié unieke bruidspaar se doen-dit-self dekor geheime:

HOE HET JULLE ONTMOET?
“Ons was eerstejaarstudente by TUKS en het by ’n ‘pons-aksie’ ontmoet. Die pons- het na ’n koffie-aksie verander, en die res is geskiedenis.”

HOE HET HY DIE JA-WOORD GEVRA?
“W.M. het vir ons oornag by ’n hotel bespreek met spa-behandelings en ete ingesluit. Die volgende môre het ons met die hotelbussie na ’n oop veld gery, waar W.M. my gevra het om te trou in ’n lugballon.”

WAT WAS DIE KLEURSKEMA EN TEMA VAN JOU KREATIEWE TROUE?
“Wit, groen, glas en hout. Ons wou alles so natuurlik en vars as moontlik hou vir die troue en het baie van harte (materiaal, hout en draad) gebruik gemaak.”

troue_2

VERTEL ONS MEER VAN DIE DEKOR WAT JULLE GEBRUIK HET VIR JULLE TROUE?
“Die kreatiewe lede van ons familie’s het uitgehelp met die maak en bymekaarmaak van die dekor. My pa het gehelp met die hout-items – onderborde, houtpoppies, vetplantjiekassies en materiaallopers waarop die blomme en botteltjies gepak was. My ouma het die servette met die hand gesny en omgesoom en my skoonma en tannie het die glasbotteltjies wat as blompotte gebruik was bymekaar gemaak en met kant versier. Ek het in Augustus 2015 die vetplantjies begin kweek. Die strooimeisies se ruikers was weer gebruik as dekor vir die koektafel. Ons wou niks mors nie, so baie van die dekor het dubbeldoel gedien as dankie-sê geskenkies vir die gaste. Dit was onder andere bierglase, met blomme binne houtkratte, onderborde en vetplantjies in voëlhokkies.”

WATTER SPESIALE AFRONDING HET JY BYGESIT VIR JULLE TROUE?
“Ons gaste het voor die troue pons en springmielies gekry (om ons te herinner aan ons ontmoeting). Die konfetti was storieboekblaaie wat ek met koekkleursel gekleur en met ’n hartjiepons uitgedruk het. Ek het ook nie een ruiker gegooi nie, maar twintig kleintjies. Ek glo dat meer as een meisie dit verdien om sterre in haar oë te kry.”

HET JY RAAD VIR ANDER KREATIEWE BRUIDE?
“Span jou kreatiewe familielede in om te help met die versiering om kostes te bespaar. Skryf jou idees neer, plak voorbeelde en hou daarby. Bly eg aan jou visie.”

Elke bruid wil uniek en spesiaal wees en jy kan ook so ’n mooi troue hê as jy die kreatiewe sappe in jou verbeelding toelaat om te vloei.

troue_3

DIENSVERSKAFFERS
Venue en drankies: Imperfect Perfection
Koördineerder: Lené van Imperfect Perfection
Spyseniering: The Karoo Deli Chefs @ Imperfect Perfection
Bloemis, dekor uitleg en verhurings: Love & Grace
Skryfbehoeftes: Bruid en Ma
Troukoek: Benita Coetzee van New Beginnings
Foto- en videograaf: Who’s Annah Photography
Musiek: Nico Myburgh van Showtech Entertainment
Trourok: Mari Louise Alberts
Hare en grimering: Lauren van Airbrush make-up by Lauren
Bruidegom se pak en skoene: Pringle
Vervoer: Venue se kar

Artikel: Gina van Staden

Troukoors_tydskrif_en_Die_Trouboek

Spaar R44.90 as jy Die Trouboek & Troukoors tydskrif nou bestel! Betroubare posdiens word gebruik.
STAP 1 – Betaal R170 in ons bankrekening in:
Naam van rekeninghouer: MonCheri Events and Productions CC | Rekeningnommer: 189 103 463 4 | Takkode: 189 137
Bank: Nedbank Vaal Mall | Tipe rekening: Tjek | Verwysing: Jou naam, van en selfoonnommer
STAP 2 – E-pos jou naam, van en posadres saam met die betalingsbewys na info@bpwpprebuild.co.za
Kliek hier vir meer informasie oor Die Trouboek en Troukoors se tydskrif.

————————————————————————————

 

DEEL HIERDIE INHOUD OP SOSIALE MEDIA