’n Vintage troue was waarmee Nicholas en Maryka graag hulle lewe saam wou begin. Gina van Staden vertel meer oor dié sprokiesdag.

SPESIALE AANBOD VIR TROUKOORS LESERS
Het jy al Troukoors se Spesiale Uitgawe (propvol doen-dit-self idees, inspirerende foto’s en raad) en Die Trouboek (wat jou help om die perfekte troue week-vir-week te beplan én seker maak dat julle gereed is vir die groot stap, met Gretha Wiid se weeklikse huweliksvoorbereiding)?
Kliek hier vir meer info.

Die Trouboek @ R90 + Troukoors Tydskrif @ R50 + posgeld = R170
(saam met posgeld steeds goedkoper as by die winkels).

STAP 1
Betaal die bedrag in ons bankrekening in:
Naam van rekeninghouer: MonCheri Events and Productions CC
Rekeningnommer: 189 103 463 4
Takkode: 189 137
Bank: Nedbank Vaal Mall
Tipe rekening: Tjek
Verwysing: Jou naam, van en selfoonnommer
Bedrag:
OPSIE 1: R170 vir Die Trouboek & Troukoors Tydskrif (posgeld ingesluit) of
OPSIE 2: R120 vir Die Trouboek (posgeld ingesluit) of
OPSIE 3: R80.00 vir Troukoors Tydskrif (posgeld ingesluit)

STAP 2
E-pos die volgende aan bestel@bpwpprebuild.co.za:

  1. Bewys van betaling
  2. Waarvoor jy betaal het: Trouboek / Tydskrif / Beide
  3. Jou naam en van
  4. Jou selfoonnommer
  5. Jou posbus adres
  6. Jou poskode

————————————————————————————————————————————————————


Nicholas en Maryka Pelser se liefdesverhaal het begin toe hy vir haar ʼn bos rose gegee het (as ʼn geheime bewonderaar). ʼn Paar maande daarna het hulle paadjies weer gekruis en het hulle op ʼn romantiese uitstappie gegaan. Maryka vertel ons hoe híérdie storie in ʼn asemrowende troue ontaard het.

HOEKOM WERK JULLE SO GOED AS ʼN PAARTJIE?
“Ons daag mekaar uit en is gewoonlik kop-in-een-mus. Ek glo dat wanneer ʼn mens ʼn sterk ondersteuningstelsel het, niks jou ten gronde kan kry nie. Ons komplementeer mekaar se persoonlikhede, dus sal daar nooit ʼn vervelige oomblik wees nie!”

HOE HET HY JOU GEVRA OM TE TROU?
“Hy het my vir ʼn piekniek gevat by die Botaniese Tuine, waar hy al my gunstelingkosse ingepak het. Nadat ek bietjie in die mandjie rondgesnuffel het, het hy ʼn swart boksie te voorskyn gebring, waarin die ring was. Tussendeur die trane het ek ‘ja’ gesê. Ons was vir langer as ʼn jaar verloof voor ons troue.”

VERTEL ONS HOE JY JOU TROUE SE BEPLANNING HANTEER HET?
* “Ek het nog altyd ʼn troue met ʼn vintage tema in gedagte gehad, so ons het begin deur die perfekte venue te soek.
* Die tweede stap was om my trourok te kry. Dit was so spesiaal om my ma deel van hierdie proses te maak.
* Laastens het ons begin rondsnuffel vir die kleiner items soos die konfetti, geskenkies, tafelnommers, ringhouers en koekstaanders.”

WAS DAAR ENIGE SNAAKSE OOMBLIKKE GEDURENDE JULLE TROUE?
“Toe ek by die gangetjie afgestap kom, het Nicholas sy arms in die lug gegooi as ʼn tipe oorwinningskreed. Dit was snaaks en het sommer dadelik die stres en trane laat verdwyn.”

HET JY RAAD VIR TOEKOMSTIGE BRUIDE?
“Dit is belangrik om te onthou dat julle troue net die begin van julle lewensreis is. Niemand sal eers agterkom as iets verkeerd loop nie, want net julle weet hoe dit régtig moes wees. Julle gaste is net daar om die groot dag met julle te deel.”

ONS HET GEHOU VAN:
* Die laventelplantjies wat die bruidspaar self gekweek en as dankiegesenkies gegee het by die troue.
* As gevolg van die warm weer was daar handwaaiers aan die gaste uitgedeel om tydens die seremonie te gebruik.
* Die troukoerantjies wat stories, briefies en blokraaisels van die bruidspaar bevat het.

DIENSVERSKAFFERS
Venue, spyseniering, drankies, dekor en troukoek: Imperfect Perfection
Koördinering: Lené van Imperfect Perfection
Blomme en dekor: Love & Grace
Skryfbehoeftes: House of Functions en Die Perfekte Ontwerpe
Fotograaf: Chantelle Loots Photography
Musiek: Nico van Showtech Entertainment
Trourok: Olivelli
Hare en grimering: Private M Collection
Bruidegom se pak: Euro Suit
Ander: Alan Simpson van Caricature en Ladies & Gentlemen Cake Toppers

DEEL HIERDIE INHOUD OP SOSIALE MEDIA