troue
’n Troue was die laaste ding waaraan Abri en Anri gedink het toe hulle op Facebook begin gesels het. Gina van Staden vertel hoe hulle liefde geblom het tot op hulle mooiste dag.

troue_1
Abri en Anri Wepener ken mekaar al sedert skooldae. Hul langafstand-liefde het eers begin blom op Facebook nadat hulle altwee uit ernstige verhoudings gekom het. Anri vertel ons meer van hulle troue:

HOE HET JULLE GEWEET DAT DAAR ʼN TROUE UIT JUL VERHOUDING SOU KOM?
“Ek het dit geweet die oomblik toe ons die toewyding tot ʼn ernstige, eerlike verhouding met mekaar gemaak het.”

WATTER KARAKTEREIENSKAPPE TREK JULLE DIE MEESTE NA MEKAAR AAN?
Abri: “Anri se lewenslus en onkondisionele liefde vir enige persoon wat met haar paadjies kruis. Haar ongelooflike geloof in God het my dadelik aangetrek en aangespoor om deel te wees van die verhouding wat sy met Hom het.”
Anri: “Abri het ʼn oog vir detail en ʼn groot liefde vir die natuur. Sy spontane sjarme veroorsaak dat hy perfek by my familie inpas.”

HOE HET HY DIE JA-WOORD GEVRA?
“Na meer as drie jaar het Abri my verloofring laat maak. Ek wou nog altyd met leeuwelpies speel en tydens ʼn vakansie in Kwazulu Natal het hy voorgestel dat ons ʼn leeuplaas besoek. Die besoek was egter teleurstellend en toe gaan ons eerder na ʼn voëlpark. Terwyl ek besig was om foto’s te neem, het Abri op sy knie gaan en my geroep. Toe ek vir hom kyk, het hy ʼn groot, pragtige ring in sy hand gehad. So tussendeur die trane kon ek darem ʼn “ja” uitkry! Dit was dertien maande voor ons troue.”

troue_2

WAT WAS DIE KLEURSKEMA EN TEMA VAN JULLE TROUE?
“Rustieke plaas, met ʼn tikkie vintage en ʼn neutrale kleurskema. Ons het ook verskeie elemente van hout ingebring.”

BESKRYF JOU EMOSIES OP DIE DAG VAN DIE TROUE?
“Daar was ʼn warboel van emosies. Dit was absoluut die beste dag van my lewe en die oomblik toe ek by die gang afgestap kom, het die trane oor Abri se wange gerol. Dit was vreeslik spesiaal. Al my wildste verwagtinge was oortref.”

DOEN-DIT-SELF-PROJEKTE:
Om geld te spaar het Abri en Anri baie van die elemente self gemaak:
* Handgemaakte houtbladdens vir die tafels.
* Spyskaarte gemaak uit pallet-hout.
* Die bruid se pa het al die blommerangskikkings gedoen.
* Die bruid se ma het die troukoek gemaak en al die naaldwerk projekte behartig – van die tafeldoeke tot kussingslope.
* Tuisgemaakde pienk limonade is gemaak om gaste te bederf.

Anri sê dat ʼn bruid nie ten duurste hoef te betaal vir haar troue nie – tuisgemaakde elemente is plesierig en verg (lekker) spanwerk van die familie.

troue_3

DIENSVERSKAFFERS:
Venue en vervoer:  Die Klipskuur
Spyseniering: Die Klipskuur en Spitbraai and Hire
Drankies: Die Klipskuur en Danie Gordon-van Dyk (Pienk limonade)
Blomme: Danie Gordon-van Dyk
Dekor: Danie Gordon-van Dyk, Die Klipskuur en die bruidspaar
Verhurings: Chocolate Turquoise
Skryfbehoeftes: Mooi Designs en Liqerish
Troukoek: Annette van Dyk
Fotograaf: Hello Love Photography – Dominique
Musiek: Die Klipskuur – Fanus

Trourok: Marianna Zwaan Designs
Hare: Follicle Hair Atelier  – Kim

Grimering: Follicle Hair Atelier – Isabel
Bruidegom se pak: Eden Leather and Co, Lig Leefstyl & (Wedding Ring)
Ander: Amarillie Ackerman – Harpist, Thom van Dyk, The Restory Retreat Centre, Rings and Things

OPSOEK NA OULIKE DIENSVERSKAFFERS IN JOU KONTREI? KLIEK HIERONDER…

Beplanning Blomme Bruidegom Fotos
Grimering Hare Juwele Musiek
Rokke en Mode Skryfbehoeftes Troukoek Venues
VIDEOS Wetlik

DEEL HIERDIE INHOUD OP SOSIALE MEDIA