troue
’n Troue in sagte kleure was die perfekte manier om Vincent en Lenél se teer liefde vir mekaar te vier. Gina van Staden het meer gaan uitvind oor hulle mooiste dag.

troue_1
Vincent en Lenél Carbis het verloof geraak tydens ʼn olifantrit by Sun City. Een van hierdie reuse diere was die boodskapper wat vir haar ʼn koevert gegee het met ʼn ja-woord-vra briefie binne-in. Lenél vertel ons meer van die pragtige troue waaraan hulle vir sestien maande beplan het:

VERTEL ONS EERS HOE JUL ONTMOETING NA JULLE TROUE GELEI HET?
“Ons het ontmoet by ʼn gemeenskaplike vriend se een-en-twintigste verjaarsdagpartytjie. Die persoon saam met wie ek die aand moes huistoe ry, kon my nie meer vat nie en Vincent was so gaaf om my te gaan aflaai. Hy het toe my nommer geneem en die res is geskiedenis soos hulle sê!”

WANNEER HET JY GEWEET DAT HY ‘DIE EEN’ IS?
“Omtrent ʼn maand na ons ontmoeting moes hy vir drie weke Duitsland toe gaan vir besigheid. Die afstand en verlange het ons laat besef dat ons nie sonder mekaar wou wees nie.”

troue_2

HOE HET JULLE DIE TROUE BEGIN BEPLAN?
“Ons eerste prioriteit was die kleurskema. Ek het toevallig die perfekte prentjie oop Instagram gesien en die hele troue rondom dit beplan. Daarna het die venue, trourok en uitnodigings gevolg. Ons was baie bevoorreg om nie ʼn vaste begroting te hê nie, so dit het die beplanning heelwat makliker gemaak. Maar ons het ook nie uitgehak en net die duurste gekies nie – hier en daar het ons nogsteeds kostes probeer bespaar.”

WIE WAS  JOU STEUNPILLAAR TYDENS DIE HELE PROSES?
“My ma was my regterhand deur die hele beplanningsfase. Sonder haar sou ek my troue nie so suksesvol kon reël nie.”

HET DAAR ENIGE IETS HUMORISTIES GEBEUR OP JULLE TROUE?
“Net voordat ons by die kapel wou instap het ons besef dat my suster Vincent se ring in ons kamer vergeet het. Al was dit die enigste ding wat sy moes onthou, het ek haar vergewe. Sy het pas haar babatjie gehad en haar mamma-brein het net gedraai om die kleinding.”

Nes elke ander bruid sê Lenél dat die dag heeltemal te vinnig verbygevlieg het en dat bruide die dag ten volle moet geniet. Kwaliteit foto’s is lewensbelangrik  – so neem in oorgawe. Lank na die troue sal julle nog gereeld daarna kyk en terugdroom oor die spesiale dag.

troue_3

DIENSVERSKAFFERS:
Venue, spyseniering en drankies: Avianto
Koördinering: Bruid en haar moeder=
Blomme: Moeder- en tannie van die bruid
Dekor en verhurings: Event Inspirations
Skryfbehoeftes: Lily Young
Troukoek: The Cake Man
Fotograaf: Hello Love Photography
Musiek: Gauteng DJ
Trourok: Garnish Couture
Hare: BM Hair & Co
Grimering: Make-up by Janine
Bruidegom se pak: Khaliques
Vervoer: Mercedes-Benz Northcliff
Ander: The Patisserie

PTA SHOW BANNER

 

DEEL HIERDIE INHOUD OP SOSIALE MEDIA