’n Troue met ’n rustige atmosfeer en rustieke styl was presies wat Joshua en Nicole wou hê om hulle liefde vir mekaar te vier. Lees verder om meer uit te vind oor die beplanning van hulle mooiste dag.

Toe Joshua en Nicole een aand by jeugaand ontmoet het, was die laaste ding waaraan hulle gedink het dat hulle eendag saam sou troue hou. Hulle was sewe jaar saam voordat hulle die knoop deurgehaak het en deel hulle spesiale herinneringe met ons.

HOE HET JOSHUA DIE GROOT VRAAG GEVRA?
“Ons was op ’n wildsplaas in Rustenburg, besig om skemerkelkies te drink op ’n koppie wat oor die hele plaas uitgekyk het, toe hy my vra om te trou.”

VERTEL ONS MEER OOR DIE BEPLANNING VAN JULLE TROUE?
“My skoonsus, Elnette Cillier, het vir Die Trouboek deur Gretha Wiid en Troukoors gekoop, want ek het nie regtig geweet waar om te begin nie. Hierin het ek baie van hulp gekry oor wat ek volgende moet doen. Dit is belangrik om te onthou dat dit jou dag is en dat jy nie moet toelaat dat ander mense jou beïnvloed nie. Moet ook nie die heeltyd veranderinge maak nie. Ek het Pinterest gebruik vir idees en my pa het baie van die dekor self gemaak.”

WAT WAS DIE TEMA EN ATMOSFEER VAN JULLE TROUE?
“Ons wou ’n rustige, gesellige en rustieke atmosfeer skep by ons troue. Die kleurskema was vlootblou met ’n bietjie groenigheid by.”

WATTER RAAD HET JY VIR ANDER BRUIDE WAT TROUE BEPLAN?
“Moenie vergeet waaroor dit regtig gaan nie en neem alles in, want dit gaan so gou verby. Probeer om rustig te wees en eet van die kos, al voel jy gespanne, want jy het betaal vir hierdie diens.”

ONS WAS MAL OOR HIERDIE ELEMENTE VAN HULLE TROUE:
* Markiesligte wat Mnr en Mev gespel het;
* Die vetplante en houtbykomstighede;
* Die oulike hofknapie met sy blou strikdas; en
* Die donuts wat as troukoek gebruik is.

Hierdie paartjie se troue was pragtig en beslis iets wat hulle altyd sal onthou.

DIENSVERSKAFFERS:
Venue, koördinering, spyseniering en musiek: Galagos Country Estate
Blomme en dekor: Rentals Village
Verhurings: Soft Light Decor
Skryfbehoetes: Artica Designs
Troukoek: Sugar Rush, 082 775 2140
Fotograaf: Marika Wilkins
Trourok: Lubellos
Hare en grimering: Adelien Steyn

SOEK JY IETS OM JOU GASTE MEE TE VERMAAK BY JOU TROUE?

DEEL HIERDIE INHOUD OP SOSIALE MEDIA