troues
Troues, getooi in groen en goud, is deesdae nogal ’n gewilde tendens. Daarom het die span wat hierdie fotosessie beplan het ’n bietjie gaan eksperimenteer om te sien hoe ’n mens hierdie kleure stylvol kan kombineer.

Troukoors_tydskrif_en_Die_TrouboekSPESIALE TROUKOORS AANBOD
Bestel Die Trouboek @ R90 + Troukoors Tydskrif @ R50 + posgeld = slegs R170
(saam met posgeld steeds goedkoper as by die winkels).
Kliek hier om te bestel.

————————————————————————————-

troues_1

Groenigheid is as as een van die kleure van die jaar aangewys en dit word ál hoe meer by hedendaagse troues in die vorm van natuurlike elemente gesien. Hieronder vertel Elaine Botha, van I Do – Creative Concepts, vir ons hoe ’n mens te werk gaan om hierdie kleurskema by jou troue te inkorporeer.

WATTER TIPE VOORKOMS, TEMA EN GEVOEL HET JULLE PROBEER SKEP MET HIERDIE FOTOSESSIE?
“Ons wou ʼn gemaklike en eenvoudige atmosfeer skep, wat eie is aan hedendaagse troues. Groenigheid is ʼn fantastiese manier om die buitekant na binne te bring, ongeag van die weer se onvoorspelbaarheid. Tikkies metaal en natuurlike elemente het glans en drama verleen. Die dekor en blomme was op só ’n manier uitgekies dat dit saam met die venue werk, in plaas daarvan om  daarmee te kompeteer.”

WATTER TIPE TROUES SAL BAAT BY HIERDIE TEMA?
“Hierdie tema sal perfek wees vir ʼn troue met ʼn knap begroting. Die natuurlike beeldskoon van takke, groenigheid en plante word perfek geaksentueer deur metaalkleure om ʼn sprokiesagtige voorkoms te skep. Groenigheid is ʼn wonderlike plaasvervanger vir blomme – wat nogsteeds ʼn elegante en stylvolle gevoel verleen.”

WATTER HUIDIGE TROUTENDENSE KAN HIER GESIEN WORD?
“Groenigheid sluit aan by die 2017 Pantone kleure vir die jaar. Die immergewilde roosgoud elemente en die tafelnommers en naamkaartjies wat met die laser gesny is is ook tendense wat nog gewild is.”

troues_2

WAT WAS DIE IDEE MET DIE FOTOSESSIE?
“Ons wou graag die plaaslike diensverskaffers van Hartebeespoort se talente ten toon stel. Toekomstige bruide kan hulle gerus ondersteun wanneer hulle hul eie troues beplan.”

WAS DAAR ENIGE DOEN-DIT-SELF-PROJEKTE?
“Ja, ons het groot doilies met roosgoud sproeiverf gespuit. Ons het ook ons eie blombakke gemaak uit mengbakke en kershouers, wat ook met roosgoud verf gespuit was.”

DIE BESTE MANIERE OM GROENIGHEID BY TROUES TE INKORPOREER:
* Geverfde droë takke en blare
* Katoentakke en –plante
* Dusty Miller, bloekomtakke en varings
* Mos, klimop en rankplante
* Koring gespuit met goue verf
* Middelstukke wat in ʼn waterval-effek by die tafels afhang
* Agtergrond en tafelstukke wat gemaak is uit verskeie inmekaargeweefde groenigheid

KOMBINEER GROENIGHEID MET HIERDIE KLEURSKEMAS:
* Wit, room en grys
* Metaalkleure soos goud, roosgoud, silwer en brons
* Pastelkleure
* Room en wit
* Franse kleure
* Neutrale/aardse kleurskemas
* Bessie, marsala en kruisement

Elke bruid se begroting is vir haar ʼn uitdaging, maar met Elaine se raad en die mooi fotosessie as bewyse, kan sprokiesmooi troues geskep word, sonder dat dit lyk of daar iets skort.

DIENSVERSKAFFERS:
Venue: Green Leaves Country Lodge and Estate
Blomme: Enchanted Florist
Dekor: Countless Blessings
Skryfbehoeftes: I do – Creative Concepts
Troukoek: Gerrit Van Dalen
Fotograaf: Topshot Photography
Trourok: Annique Couture Boutique
Hare: Innovative Hair
Grimering: Chrizanne Swart
Ander: Model – Savanha Grimbeek

Artikel: Gina van Staden

 

DEEL HIERDIE INHOUD OP SOSIALE MEDIA