Trouskoene kan ’n seën of ’n straf wees. An-Sophie Lourens het raad om te verseker dat joune ’n bate is op die dag.

Wie het al tou opgegooi om die hele aand by ʼn troue te probeer balanseer op hoë hakke? Is jy ook skuldig daaraan om drie pare skoene in die kattebak te hê sodat jy kan trouskoene ruil tussen die kerk, die foto’s en as jy wil dans?

Ek dink hier kan baie vrouens saam stem, dit is een van die grootste uitdagings om na ʼn troue toe te gaan en die regte skoene aan te trek. In hierdie artikel het ons bietjie gaan kyk watter trouskoene, want kom ons wees eerlik as die spykerhak hakskoene eers begin gate in die gras trap is dit nie vir jou of jou metgesel lekker om staande te probeer bly nie.

Die gemaklikste trouskoene vir jou groot dag:
• ʼn Balletskoen met ʼn dik hak: ʼn Balletskoen is baie gemaklik, maar platskoene vertoon nie altyd so elegant vir ʼn geleentheid soos ʼn troue nie, veral as dit ʼn formele troue is nie. ʼn Balletskoen met ʼn dik hak dra baie maklik. Jy druk nie gate in die gras nie en dit is gewoonlik net ʼn gemaklike hoogte. Dit werk goed vir die winter as jy sykouse by jou uitrusting wil aantrek.
• ʼn Dikhak-sandaal met ʼn enkelbandjie: Hierdie trouskoene het weereens ʼn dik hak, wat soveel beter vir jou voete is. Die enkelbandjie bied baie ondersteuning om jou voet stewig en stabiel in die skoen te hou. Dit is die perfekte skoene vir die bruid. Dit lyk baie stylvol en elegant, dit is pragtig en jy kan vir ure daarop loop!
• ʼn Kort hakskoen met ʼn T-bandjie: alhoewel die skoen ʼn spykerhak het, is dit nie so hoog soos wat dit lyk nie. Die T-bandjie bied ook ekstra ondersteuning om jou enkels en bo-op die voet. As jou trouskoene nie by jou hak kan uitglip nie, is dit al klaar gemakliker. Dit lyk ook baie aantreklik.
• ʼn Wighakskoen: ʼn Wighakskoen bly staatmaker trouskoene. Nog beter, daar is soveel verskillende style dat jy virseker ʼn wighakskoen sal kry na jou smaak. Jy kry wighakke met en sonder ʼn enkel bandjie, ʼn baie kort wighak of ʼn baie hoë hak, ʼn balletskoen of ʼn sandaal tipe skoen met ʼn wighak. Jy kan kies en keur. Dit is altyd stylvol en is baie stabiel op die dansvloer.

Hakskoene hoef nie ʼn seer toon te wees nie. Dink wat maak ʼn skoen vir jou gemaklik, moet dit styf aan jou voete sit, hoe lank jy wil lyk ensovoorts. Kies dan ʼn paar trouskoene volgens daardie kriteria. Partykeer is daardie een duur paar baie meer die moeite werd (en die mees gemaklikste) as ʼn duisend pare wat ongemaklik loop.

Voor jy ʼn kattebak vol skoene na die volgende troue toe saam ry of met alles in jou aan jou metgesel se arm klou om nie in die grond in te sak nie, gaan kyk bietjie na alternatiewe keuses vir hakskoene. Probeer een ordentlike paar met die dikte en hoogte hak wat vir jou gemaklik is en pak die troue en die dansvloer vol selfvertroue aan!

Foto: Best Shoe Care

DEEL HIERDIE INHOUD OP SOSIALE MEDIA